Interliniere Bybel Grieks-Afrikaans Nuwe Testament

Interliniere Bybel Grieks-Afrikaans Nuwe Testament

N$210.00

Die Interliniere Bybel (Grieks-Afrikaans) , ontsluit die volledige Griekse teks van die Nuwe Testament vir Afrikaanse lesers in ‘n unieke formaat. Elke bladsy van die Interliniere Bybel bestaan uit ‘n middelblok, met die Direkte Vertaling aan die linkerkant en die 1983-vertaling aan die regterkant. Die middelblok bied: die Griekse teks (Nestle-Aland, 27ste uitgawe); ‘n transkripsie van die Griekse woorde om lesers te help met die uitspraak daarvan; en ‘n Afrikaanse woord-vir-woord-vertaling van elke Griekse woord. Die 1983-vertaling in die regterkolom help lesers om die woord-vir-woord-vertaling in die middelkolom te vergelyk met hierdie bestaande Bybelvertaling. Die Direkte Vertaling in die linkerkolom is ‘n nuwe vertaling, so na moontlik aan die oorspronklike Griekse teks, maar tog verstaanbaar. Die Interliniere Bybel sal lesers bemagtig om self te oordeel oor die akkuraatheid van Bybelvertalings omdat dit aan lesers met min, of selfs geen kennis van Grieks, toegang bied tot die Griekse teks van die Nuwe Testament. Dit sal tot ‘n besonder ryk leeservaring van die Bybel lei.

SPECIFICATIONS:


Afrikaans
Hardcover
Pages: 1408
Dimensions: 185 x 233mm

SKU 9781770008359 Categories ,
Share This Items :
Share on facebook
Share on twitter
Share on linkedin
Share on pinterest
Share on telegram
Share on whatsapp