My Tyd Met God - Joyce Meyer

My Tyd Met God - Joyce Meyer

N$220.00

Die daaglikse lewe kan uitdagend wees; ons aandag word maklik afgelei deur soveel dinge wat belangrik lyk. Maar om die lewe te leef wat God vir jou beplan het, moet jy tyd maak vir dit wat die belangrikste is, en die fondament van ’n vervulde lewe – jou verhouding met Hom. Oor die verloop van drie jaar het Joyce Meyer in haar joernaal die persoonlike oordenkings en inspirasie neergepen wat haar besige lewe aangevuur het. Daardie oordenkings vorm My tyd met God, 365 dagstukkies wat die leser intieme insig gee in Joyce se geestelike reis. Met hierdie boek bied sy ’n praktiese manier om tyd saam met God deur te bring. Die dagstukkies bevat oordenkings wat spruit uit Joyce se lewe, opbouende verklarings en relevante Skrifgedeeltes om groter nabyheid met God aan te moedig. Die Bybelverse en persoonlike stories wat sy deel sal jou help om groter vreugde en vrede te ervaar danksy jou spesiale tyd met God. Jy sal meer doeltreffend deur die lewe kan gaan, beter besluite kan neem en die wonderlike lewe wat jy bestem was om te hê, vir jouself toeëien.

SPECIFICATIONS:

Publisher: ‎Struik Christian Media
Language: ‎Afrikaans
Format: Hardcover
Pages: 376
Dimensions:
140 x 190 mm
ISBN: ‎9781415339206

SKU 9781415339206 Categories , ,
Share This Items :
Share on facebook
Share on twitter
Share on linkedin
Share on pinterest
Share on telegram
Share on whatsapp