Onwrikbare vertroue - Joyce Meyer

Onwrikbare vertroue - Joyce Meyer

N$199.80

Hoe vertrou mens op God wanneer slegte dinge met jou gebeur? Te midde van siekte, stres, finansiële probleme of trauma, is die vraag op ons lippe dikwels: “Hoekom?” Dit is normaal, maar jy kan aanbeweeg na ’n plek van gelowige afhanklikheid op ’n goeie Vader.

In Onwrikbare vertroue ontdek Joyce Meyer hoe ’n lewe van algehele afhanklikheid van God lyk. Geïnspireer deur haar eie ervarings en God se Woord, lei sy die leser na ’n plek van vaste vertroue, waar jy seker weet God wil jou seën op elke gebied van jou lewe – geestelik, verhoudingsgewys, emosioneel en finansieel.

Met elke nuwe hoofstuk onthul Joyce ’n oppermagtige en betroubare God wat smag om ’n verhouding met ons te hê. So inspireer sy jou om weg te doen met jou dwase gewoonte om op eie houtjie te probeer regkom. Die boek bemagtig en bemoedig jou soos jy leer om met jou hele hart op God te vertrou en nie op jou eie kennis staat te maak nie.

Ongeag jou verlede, jou huidige omstandighede of jou onsekere toekoms, wanneer jy leer om elke dag op God te vertrou, sal jy die vreugde ervaar wat Jesus gekom het om jou te gee. Ander het jou dalk al in die steek gelaat, maar God sal nooit nie!

SPECIFICATIONS:

Publisher: ‎Christian Art Books
Language: ‎ Afrikaans
Format: Paperback
Pages: 256
Dimensions:
‎152 x 222mm
ISBN: ‎9781415337257

SKU 9781415337257 Categories , ,
Share This Items :
Share on facebook
Share on twitter
Share on linkedin
Share on pinterest
Share on telegram
Share on whatsapp